Wat doen jy om te verseker dat jou werksvoertuig veilig bestuur word?
14
February
Die veilige bestuur en instandhouding van werksvoertuie is vir baie werkgewers ‘n nagmerrie! Dit is maklik om behoorlik beheer uit te oefen oor die voertuig wat jy bestuur -maar dikwels is daar ander werknemers wat die voertuig moet bestuur terwyl jy elders werksaam is!
Effektiewe vlootbestuur bied baie goeie oplossings en daar is huidig baie moniteringstoestelle of sogenaamde “tracking devices” in die mark beskikbaar om behoorlik beheer oor werknemers uit te oefen. Met hierdie toestelle kan verseker word dat op die regte roetes gehou word en dat die voertuig nie roekeloos bestuur word nie. Daar kan byvoorbeeld verslae gelewer word ten opsigte van die nakoming van spoedgrense, die oormatige rem en roekelose bestuur om draaie ens.
Die voordele hiervan sluit in dat die voertuig nie net met meer veiligheid bestuur word nie, maar ook besparings meebring ten opsigte van branstofverbruik en voertuigonderhoud!
Daar is egter ook die baie eenvoudige maar minder doeltreffende metode soos hierbo aangetoon – voeg eenvoudig ‘n boodskap op die voertuig soos “AS EK K@K RY BEL ASB MY BAAS..”
Besoek ook die volgende skakels in Engels:
Vehicle Tracking and Road Safety
Fleet management, Logistics and Road Safety
Vehicle and Insurance Telematics
Vehicle Telematics, Accident Investigation and Fleet Management
Digital Mapping and Road Safety