Hiermee inligting rakende die radio verskyning wat Stan Bezuidenhout van Crash Guys Internasionaal op Pretoria FM Radio gemaak het, om sy doenlysie met pad-verbruikers te deel.
[Stan Bezuidenhout, Botsing Deskundige van Crash Guys Internasionaal (in Suid-Afrika & VSA gevestig)]
Klankkoerant – Esmarie: Waarom het julle besluit om ‘n doenlysie saam te stel vir mense wat in botsings betrokke is?
Een van die komponente wat ons die meeste raaksien in hofsake is en bly in Suid-Afrika, in Suider-Afrika, in die Midde-Ooste en nou in die VSA waar ons werk dat daar ‘n probleem is met ‘n afwesigheid van getuienis. Daar is ver te veel sake waar mense in hofsake op eïndig en waar onskuldige mense moet betaal of krimineel aangekla raak of meer belangrik waar mense verliese ly as gevolg van ‘n tekort van fisiese getuienis. Ons kry dit orals, ons kry dit gereeld, ons is reeds nou besig met sake waarin ek moet getuig waar die grootste probleem die afwesigheid van getuienis is. Die meeste mense weet nie wat hulle moet doen of wat hulle kan doen nie en ons hoop is om vir mense ‘n kort lysie te gee wat hulle kan gebruik om toe te pas as hulle self of hulle vriende en familie in botsings betrokke is.
Daardie lysie bestaan uit tien punte:
- Een van die belangrikste dinge, en die ding wat ons altyd verwag mense heel eerste moet doen is om die posisie en oriëntasie van voertuie af te neem. Dit is vreeslik belangrik dat ons ‘n akkurate en betroubare weergawe het van waar die voertuie opge-end het.
- Dis altyd ‘n goeie idee om verder terug te staan om duidelik te wys waar op die toneel en reg teenoor mekaar, voertuie tot rus gekom het na ‘n botsing – dis ‘n baie belangrike komponent.
- Sodra ons die finale rusposisies van voertuie gekry het van verskillende hoeke af, wil ons ook algemene foto’s van die totale toneel hê. Dit is altyd ‘n goeie idee om bo-op ‘n brug of bo-op ‘n hoe voertuig, soos agter op ‘n bakkie of dalk teen ‘n tipe van ‘n skuinste op te beweeg. Dit is altyd ideaal om die hele toneel sover as moontlik half van bo-af te sien. As ons vier of vyf of selfs tien foto’s van verskillende kante kan kry wat die toneel van bo-af wys, al te beter.
- Daar is gereeld argumente oor die skade en die tipe skade en die waarde van skade aan die voertuie. Daar is gevalle waar mense skade eis waar die skade oud was of reeds bestaan het of waar hulle meer eis as wat dit is. So dit is dan nou BAIE belangrik om al vier die kante en al vier die hoeke van alle voertuie af te neem, insluitend sleepwaens. Dis ook baie belangrik om ook dan die hele voertuig in te pas sodat jy duidelik kan sien waar die skade is en hoe erg dit is.
- Terwyl jy besig is om voertuie af te neem is dit natuurlik ook vir jou ‘n goeie idee vir jou om die sogenaamde lisiensieskywe en nommerplate, ens af te neem. Ons vind gereeld dat met die rekonstruksie van botsings ons moet weet spesifiek watter model ‘n voertuig is en gewigte en kapisiteite raak vreeslik belangrik. So deur lisensieskywe af te neem het jy dan ook sommer die informasie wat nodig is vir jou om ‘n botsingverslag te voltooi.
- Ons vind gereeld dat mense in botsings betrokke is en jy agterna vra wie was die polisie eenheid wat daar was of watter eenheid was daar, watter ambulans het mense vervoer, en so aan (ens) en mense weet glad nie. Terwyl jy besig is op die toneel, neem asb tog net foto’s van al die nood- en diensvoertuie wat teenwoordig is. En terwyl jy besig is sommer al die voertuie wat teenwoordig is, want daar is dalk getuies wat jou kan help in jou saak en dit is makliker om hulle op te spoor as ons weet wie was teenwoordig.
- Een van die grootste dinge waaroor mense altyd oor argumenteer is presies waar ‘n botsing gebeur het en presies hoe. Dis dan nou belangrik vir ons dat mense foto’s neem van enige merke, bandmerke, skraapmerke – sulke goed wat op die teerpad teenwoordig is. Dit is altyd ‘n goeie idee om al hierdie merke en al hierdie goed op die pad af te neem, Weereens van verskillende hoeke af sodat jy mooi kan sien waar dit is op die toneel, relatief tot ander goed op die toneel.
- Dit gebeur gereeld dat mense in botsings betrokke is en dat wanneer hulle in die hof kom hulle begin praat van obstruksies, ek kon nie sien nie want dit was ‘n sogenaamde blinde hoogte, daar was ‘n muur in die pad of ‘n boom of iets van hierdie aard. Terwyl jy op die toneel staan kyk om jou, sien of jy enige obstruksies kan sien vanuit die perspektief van enige betrokke bestuurders of enige betrokke partye en neem foto’s daarvan sodat ons kan sien wat mense kon sien wat die dag op die toneel in die botsing betrokke was.
- Dit is natuurlik ook vreeslik belangrik dat ons al die informasie kry van al die betrokke partye. Dit is in elk geval ‘n vereiste van die Suid-Afrikaanse Padverkeerswet dat jy basiese informasie aan iemand verskaf in ‘n botsing. So gee nou maar jou Bestuurslisensie vir die ander party, vra vir hulle sin, neem ‘n foto van bestuurslisensies, as daar getuies of passasiers is, kyk of jy dalk besigheidskaartjies kan kry of dalk ‘n identiteitsboekie of iets. Die partye wat betrokke is, is ongelooflik belangrik want uit dit uit kan ons getuienis kry en informasie.
- Die laaste ding waarop ons wil konsentreer is die kontaminasie van getuienis. Ons kry gereeld dat hulle met die sogenaamde ‘kake van die lewe’ karre oop sny, dat hulle voertuie terugrol op hulle wiele of vragmotors en so aan optel. Alles van dit kontamineer natuurlik die toneel en is altyd ‘n goeie idee om foto’s te neem van daardie prosesse – net om ten minste te wys wat het gebeur terwyl jy teenwoordig was sodat ons kan verstaan watter skade was veroorsaak deur die botsing en dan nou ook deur die prosesse wat daar plaasvind. Ons wil ook net seker maak dat mense moet verstaan dat hulle niks kan doen of moet doen by die toneel wat onwettig of indringend sal wees nie. Dit is vreeslik belangrik dat jy met mense saamwerk en dat mense gewillig met jou saamwerk. Moenie jouself op ‘n toneel op forseer waar die polisie besig is met ‘n ondersoek nie Dit is baie belangrik dat jy nie so besig is om ‘n ondersoeker te raak dat jy besig is om jouself in die moeilikheid laat beland nie.
Klankkoerant – Esmarie: Hoe belangrik is dit vir iemand wat ‘n ooggetuie van ‘n botsing is om sy of haar besonderhede vir die persoon in die ongeluk te gee? Daar is verskeie kere dat ons iets sien wat gebeur en dan dink as ons uitklim dat ons gaan pla, maar dink jy dit moet ons verantwoordelikheid wees om uit te klim en daardie inigting te gee aan daardie mense?
Stan: ‘n Vreeslike groot probleem met padverbruikers oor die algemeen is, dit is nie uniek tot Suid-Afrika nie, is dat mense daarvan hou om goed te sê soos ek wil nie betrokke wees nie. Ons moet verstaan dat deur ons wan-belangstelling, deur ons poging om die verantwoordelikheid te ontduik, ons kan veroorsaak dat onskuldige mense tronk toe gaan of dat mense wat dit nie kan bekostig vir skade moet betaal. Dit is ongelukkig so dat as jy ‘n botsing gewaar en jy is ‘n ooggetuie is daar ‘n regskomponent wat ‘n verantwoordelikheid op jou plaas, maar daar is ook ‘n morele verantwoordelikheid op ons. Ons sien mense in die gevaarlikste tye wanneer hulle op hul swakste en dalk beseer is en dis net in my opinie een van die beste dinge wat ons vir ons medemens kan doen om hierdie afsnypunt wat ons het om nie om te gee nie is ‘n nadeel vir ons almal en dit is altyd beter vir almal om saam te werk en mekaar uit te help deur betrokke te raak.
© Stan Bezuidenhout, 2018. – Crash Guys International.
www.crashguys.info
Checklist of what you should photograph with your cell phone immediately after an accident. https://t.co/fXAnH8ntTa #ArriveAlive @CrashGuysInt pic.twitter.com/w7AjM0g8DM
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) November 13, 2018