Noue ontkoming vir bestuurder na voertuig rol buite Oudtshoorn
6
February

Die eienaar van ‘n Mercedes, wat hy gister in die Kaap gekoop het, het sonder ‘n skraap aan ‘n botsing ontkom.
Die man was na Johannesburg onderweg nadat hy die motor gister in ontvangs geneem het.
Hy het vanoggend net na 07:00 in ‘n draai op die Mosselbaaipad beheer verloor, waarna die motor gerol het.
Die ongeluk het ongeveer 20km voor Oudtshoorn gebeur.
Daar was geen passasiers in die motor nie.
Why so many Rollover Crashes? How can we Prevent Rollover Crashes? https://t.co/AMBP2bBru1 #ArriveAlive @N3Route @BakwenaN1N4 @TRACN4route @SANRAL_za pic.twitter.com/6D3nRMhMJd
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) February 3, 2019