Vrystaat Brande: 339 plase geraak

Vrystaat Landbou (VL) het gister, 27 Oktober 2020, besoek afgelê in die brand geteisterde gebied van die Wes-Vrystaat. Behoefte bepalings word plaaslik uitgevoer en behoort binne enkele dae afgehandel te wees. VL koördineer die groot getal skenkings na die boere in die geaffekteerde gebiede. “Manne, die Here was baie goed vir ons. Ons het baie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Brande: 339 plase geraak

Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in.

Groot dele van die Wes-Vrystaat lê in puin. Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ‘n verklaring gesê dat verlede week se wyd verspreide veldbrande een van die belangrikste landboustreke op hul knieë gedwing het. Volgens Vrystaat Landbou president, Francois Wilken, is duisende hektare se veld vernietig, diere verbrand, en miljoene rande se skade aangerig. Ook […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in.

Ergste brand in jare verwoes bykans 100 000ha, sê Vrystaat Landbou

In een van die ergste brande nog dié seisoen en die afgelope paar jaar, is sowat 100 000 ha in die Boshoff/Dealesville/Hertzogville area verwoes. Honderde stuks vee, wild en selfs huise is in die brande totaal en al verwoes. Volgens dr Jack Armour, Operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is van die brande deur betogers […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ergste brand in jare verwoes bykans 100 000ha, sê Vrystaat Landbou

Groot skade na brandstigter bale voer aan die brand steek buite Oudtshoorn

‘n Brandstigter wat Sondagoggend omstreeks 01:00 voerbale in drie afsonderlike skure aan die brand gesteek het, het ‘n verlies aan voer van bykans R2 miljoen beteken. Volgens Joey Potgieter wat saam met sy broer Dirkie tussen Oudtshoorn en Calitzdorp boer is hulle 99% seker van die identiteit van die brandstigter. Volgens hom het die persoon […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot skade na brandstigter bale voer aan die brand steek buite Oudtshoorn

Senekal: Vrystaat Landbou soek geregtigheid vir plaasmoorde en korrupte SAPD-lede moet uit!

Vrystaat Landbou (VL) verwelkom dat die regsproses van die vermeende moordenaars van Brendin Horner begin het en hoop dat hulle nie borg toegestaan word nie. Volgens die organisasie se President, Francois Wilken, is dit belangrik dat die aandag nie van hierdie regsproses afgetrek moet word nie. “Geregtigheid vir Brendin en sy gesin bly die belangrikste”, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Senekal: Vrystaat Landbou soek geregtigheid vir plaasmoorde en korrupte SAPD-lede moet uit!

Vestiging van landelike veiligheid bevelsentrum vir die Vrystaat

Vrystaat Landbou (VL) en die Transvaal Landbou Unie SA (TLU SA) het ‘n behoefte geïdentifiseer om samewerking met alle veiligheidrolspelers in landbou te kommunikeer om georganiseerde, gestandaardiseerde en geakkrediteerde opleiding binne die Landelike Beveiliging Strategie (LBS) in boerderygemeenskappe in die Vrystaat te vestig. Dit het gerealiseer in positiewe gesprekvoering met die TLU SA en Agri […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vestiging van landelike veiligheid bevelsentrum vir die Vrystaat

Senekal: Vrystaat Landbou eis dringende aksie teen korrupte SAPD-lede

Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL) het in ‘n memorandum aan senior Vrystaat staatsamptenare, LUR Polisie, Paaie en Vervoer, Mnr M.S. Mashinini en LUR Landbou en Landelike Ontwikkeling, Mnr. K.W. Bulwane, geëis dat dringende aksie deur die regering geneem moet word om die vlaag plaasaanvalle op boere en plaaswerkers te stop. Vrystaat Landbou veroordeel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Senekal: Vrystaat Landbou eis dringende aksie teen korrupte SAPD-lede

Senekal-gebeure is gevolg van frustrasies en stryd teen misdaad

Die gebeure in Senekal op 6 Oktober 2020, is die gevolg van frustrasies en die letterlike oorkook van emosies van landbouers en die breë gemeenskap se stryd teen misdaad wat soos ‘n kanker onder die landbousektor en breë gemeenskap vreet. Landbouers, werknemers, vroue en kinders word blootgestel aan daaglikse brutale moorde en ernstige geweldsmisdade wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Senekal-gebeure is gevolg van frustrasies en stryd teen misdaad

Die jarelange versuim om die belangrikheid van die landbouer te erken

Die jarelange versuim en bykans weiering om die broodnodige rol wat die landbousektor in sy geheel vir die land speel te erken is die oorsaak en gevolg van die sinnelose moord op die jong landbouer Brendin Horner in die fleur van sy lewe, wat hierdie week in die landbougemeenskap van Paul Roux brutaal vermoor is. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die jarelange versuim om die belangrikheid van die landbouer te erken