#VERMISTEPERSONE 20/10/2021
Silwer Toyota Fortuner/Wit Kia Sorento en ‘n Swart Mercedes Benz reg. onbekend, betrokke by kaping van ‘n voertuig in Pietersburg by die Penina Park Verbypad.
4 Indiër kinders ontvoer. Kinders is in skool uniform. Ouderdomme 15,13,11 en 6.
Drywer van die kinders is agtergelaat. Laaste rigting van verdagtes was N1 Noord na Louis Trichardt. Verdagtes is sewe mans met wit oorpakke.
Ouers van die kinders is by die SAPD. CAS no 146/10/2021.
Ons voeg inligting by soos ons dit ontvang. Indien u die voertuig opmerk skakel SAPD by 112 of kontak u naaste AfriForum Buurtwag.