Voorkomings-maatreëls teen veldbrande nou dringend, sê Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou (VL) wil graag boere in die provinsie versoek om tydige voorbereiding vir die voorkoming van veldbrande te tref. Volgens Kempen Nel, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Natuurlike Hulpbronne komitee, verskaf die Vrystaat-provinsie se goeie grasbedekking brandstof vir veldbrande.

Die weertoestande wat tans ondervind word verhoog die risiko vir wydverspreide veldbrande. Daarom skakel Vrystaat Landbou tans met grondvlakstrukture om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.
Tydens die droogtetoestande gedurende in Februarie vanjaar was daar alreeds ʼn groot brandgevaarrisiko. Die laat reën het egter die bedreiging geneutraliseer, maar is veldbrande nou ʼn groter wordende risiko. As deel van die voorbereidingsproses het Agri Relief Foundation onlangs 35 blasers aan VL-strukture geskenk wat beskikbaar gestel sal word aan landbouverenigings. Hiervoor is die landbousektor baie dankbaar.

Brand Beskermings Verenigings (BBV’s) het reeds hulle brandplanne by Departement van Omgewingsake en Bosbou ingedien en is daar ook reeds op 27 Junie in Bloemfontein met die Nasionale Departement vergader.

Lede van die publiek, en kontrakteurs, word gevra om bedagsaam te wees wanneer hulle deur die platteland ry. Hulle word versoek om nie by die brandgevaar risiko by te dra deur ope vure te maak of met toerusting in die veld te werk wat vonke veroorsaak nie, aangesien dit tot veldbrande kan lei.

Posted on by jonckie

Comments Off on Voorkomings-maatreëls teen veldbrande nou dringend, sê Vrystaat Landbou

Category: Algemeen Tags :