Padwerke in die Suid-Kaap wat lei na die KKNK vereis ‘n ekstra bietjie geduld

Geduld is n gawe waarop al minder van ons aanspraak maak! Dit is egter een van die grootste vereistes vir veiligheid op die pad! Dit is die afwesigheid van geduld wat lei tot onverskillige bestuur en snelhede wat nie geskik is vir die padtoestande en weersomstandighede nie. Dit is ook die gebrek aan geduld wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Padwerke in die Suid-Kaap wat lei na die KKNK vereis ‘n ekstra bietjie geduld

Tragiese dood van Zak van Niekerk vestig blik op die gevare vir kunstenaars op ons paaie

Gisteroggend het ons op hierdie webtuiste wenke verskaf vir padveiligheid. Die ArriveAlive.co.za webtuiste probeer om ‘n bewustheid te skep onder motoriste ten opsigte van padveiligheid en hoe ons te werk kan gaan om ongelukke te voorkom. Ongelukkig is die realiteit dat ons paaie ‘n gruwelike gevaar geword het as gevolg van die wetteloosheid van te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Tragiese dood van Zak van Niekerk vestig blik op die gevare vir kunstenaars op ons paaie

Padveiligheid op die pad na die KKNK en tydens die Paasnaweek

Die KKNK, waarskynlik die grootste Kunstefees in Suid-Afrika neem more in aanvang in Oudtshoorn. Duisende Suid-Afrikaners en veral Afrikaanssprekendes sal die pad aandurf om vertonings by te woon van hul gunsteling sangers en kunstenaars. Ek is bevoorreg om ‘n bietjie hieroor te kan skryf vanuit Oudtshoorn, die dorp waar ek grootgeword en gematrikuleer het. Voordat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Padveiligheid op die pad na die KKNK en tydens die Paasnaweek

Hoe belangrik is die Koop-en -Verkoopooreenkoms by Besigheidsversekering?

Besigheidseienaars is bewus van die gevare wanneer ‘n mede-eienaar of vennoot te sterwe kom en meeste oordeelkundige besigheidsmanne besef dat hul hulself hierteen moet verseker! Dit is egter ook belangrik dat daar nie maar net ‘n versekeringspolis uitgeneem moet word nie en dat die papierwerk en veral die Koop-en-Verkoopooreenkoms in plek moet wees. Ons het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe belangrik is die Koop-en -Verkoopooreenkoms by Besigheidsversekering?

Moet nooit te “mak” raak op safari nie!

Suid-Afrika bied talle geleenthede om ons natuurskoon te geniet. Die afgelope jaar is ons weer bederf met van die mooiste fotos van die natuur en wildlewe. Die gevaar bestaan egter altyd dat ons so meegevoer kan raak met die mooi van die natuur dat ons minder aandag gee aan die gevare om ons. Daar was […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Moet nooit te “mak” raak op safari nie!

Ombudsman maan tot versigtigheid by aankoop van reisversekering

Die Ombudsman het reisigers gemaan om versigtig te wees wanneer hul reisversekering aankoop! Volgens die Ombudsman vir Korttermynversekering moet reisigers versigtig oorweeg wat aangebied word en wat die skuiwergate mag wees. Daar is volgens die Ombudsman baie verbruikers wat reeds by die Kantoor van die Ombudsman gekla het dat hulle probleme ondervind het met hul […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ombudsman maan tot versigtigheid by aankoop van reisversekering

Afrikaners is plesierig …maar lojaal ook!

Suid-Afrikaners en veral Afrikaanssprekendes is bekend vir ‘n unieke humorsin. Ons kan soms lighartig raak oor die ernstigste goeters – maar ook baie ernstig wanneer dit vereis word. Ons is baie lojaal en trots op ons taal en raak vinnig warm onder die kraag as iemand durf torring aan ons taal. Hierdie trots op die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Afrikaners is plesierig …maar lojaal ook!

4×4 Opleiding by Krugersdrift Dam 15 & 16 Maart 2012

Hoe veilig is jy agter die stuurwiel van die 4×4 voertuig? Die kenners wat inligting verskaf ten opsigte van 4×4 voertuie en padveiligheid op die Arrive Alive webtuiste het inligting bekend gemaak oor opleiding wat in Maart sal plaasvind en ons deel dit graag met lesers: “Ons eerste 4×4 opleiding vir 2012 vind plaas Donderdag […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 4×4 Opleiding by Krugersdrift Dam 15 & 16 Maart 2012

Hoe lyk die eisevorm vir voertuigskade weens slaggate in Johannesburg?

    Skade aan voertuie weens slaggate dryf meeste motoriste teen die mure uit! Ons besef maar te goed dat selfs al het ons ‘n eis kan dit lank duur om uit te sorteer en mag dit ‘n groot beslommernis wees! Maar wat moet gebeur wanneer ‘n eis ingestel word  vir voertuigskade as gevolg van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe lyk die eisevorm vir voertuigskade weens slaggate in Johannesburg?

Wat is die verskil tussen ‘n Debietorder en ‘n Stoporder?

Weet jy wat is die verskil tussen ‘n debietorder en ‘n stoporder? Kliënte vra gereeld watter betaalmetode die beste is: ʼn debietorder of ʼn stoporder. Beantwoording van die vraag vereis eers verstaan van die twee betaalopsies. Die definisies van die Bank Ombudsman in vertaalde vorm word gebruik: Debietorder: ʼn Skriftelike ooreenkoms tussen ʼn kliënt en ʼn […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die verskil tussen ‘n Debietorder en ‘n Stoporder?