Vrystaat gemeenskappe ervaar toename in misdaadgolf

Die Vrystaat het die meeste plaasaanvalle van al die provinsies in die onlangse derde kwartaal misdaad statistieke van 2020-2021 gehad, ʼn toename van 53.85%. Die Vrystaat het ʼn toename van 14.1% in moord insidente en 39.2% in poging tot moord insidente gedurende dieselfde tydperk gehad. Die moord en poging tot moord syfers is die hoogste […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat gemeenskappe ervaar toename in misdaadgolf

Wat benodig landbou uit die begroting?

“’n Veilige en bevorderlike omgewing is nodig in die Vrystaat en Suid-Afrika om te kan floreer.” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). Tot dusver het die regering egter nie daarin geslaag om hierdie bevorderlike en volhoubare omgewing te bied nie, maar kies eerder om uiteenlopende en verdelende politieke ideologieë te volg. Sonder toestande […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat benodig landbou uit die begroting?

Grondbesit: Regering se opregtheid moet bevraagteken word

Die regering se grondbeleid, as instrument om individuele grondbesit in Suid-Afrika te verhoog, kan nie ernstig opgeneem word nie. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) na die onlangse publikasie oor die Wetsontwerp op Onteiening. Volgens VL-president, Francois Wilken, bedreig die nuwe onteieningswetsontwerp alle Suid-Afrikaners se regte op eiendom. Spesifiek die eiendomsreg van arm […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Grondbesit: Regering se opregtheid moet bevraagteken word

Reën in Vrystaat: Boere dankbaar, maar vloede rig skade aan

Die meeste boere in die Vrystaat juig oor die goeie reën wat die afgelope tyd in die provinsie voorgekom het, maar saam met die reën kom ook talle uitdagings. Soos die toestand van paaie in die landelike gebiede en skade aan oeste. Volgens ’n opname wat Vrystaat Landbou onder die organisasie se streekverteenwoordigers gedoen het, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Reën in Vrystaat: Boere dankbaar, maar vloede rig skade aan

Ongeveer 400 Vrystaat boere neem deel aan wit/ bloulig operasie saam SAPD

Vrystaat Landbou het gister, as deel van sy landelike veiligheidsplan, boere en SAPD-lede se paraatheid en reaksie getoets tydens n groot wit/ bloulig operasie. Die Lejweleputswa-distrik, wat die afgelope tyd erg onder misdaad deurgeloop het, was gisteraand ‘n gewemel van voertuie toe sowat 400 boere saam met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ’n distriks […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ongeveer 400 Vrystaat boere neem deel aan wit/ bloulig operasie saam SAPD

Elektrisiteit prysstygings bedreig die volhoubaarheid van landbou

Die steeds stygende elektrisiteitskoste bedreig die volhoubaarheid van bekostigbare voedselproduksie. Dit was die waarskuwing wat Vrystaat Landbou (VL) vandag aan NERSA gegee het. Dr Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, het NERSA toegespreek oor Eskom se voorgestelde planne om die prys van elektrisiteit verder te verhoog. Volgens Armour is dit onaanvaarbaar dat verbruikers in die algemeen […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Elektrisiteit prysstygings bedreig die volhoubaarheid van landbou

Huidige behoeftebepalings van Wes-Vrystaatse boere deur brande geraak

Die boeregemeenskap is oorweldig deur die vrygewigheid van die publiek en bedank almal wat hul harte oopgemaak het om die boere en boeregemeenskap wat deur die brande geraak is, te help. Die Boshof- en Hertzogville gemeenskappe wat die ergste deur die onlangse veldbrande geraak word, pleit by skenkers om die volgende drie maande die broodnodige […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Huidige behoeftebepalings van Wes-Vrystaatse boere deur brande geraak

Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in.

Groot dele van die Wes-Vrystaat lê in puin. Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ‘n verklaring gesê dat verlede week se wyd verspreide veldbrande een van die belangrikste landboustreke op hul knieë gedwing het. Volgens Vrystaat Landbou president, Francois Wilken, is duisende hektare se veld vernietig, diere verbrand, en miljoene rande se skade aangerig. Ook […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in.

Die jarelange versuim om die belangrikheid van die landbouer te erken

Die jarelange versuim en bykans weiering om die broodnodige rol wat die landbousektor in sy geheel vir die land speel te erken is die oorsaak en gevolg van die sinnelose moord op die jong landbouer Brendin Horner in die fleur van sy lewe, wat hierdie week in die landbougemeenskap van Paul Roux brutaal vermoor is. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die jarelange versuim om die belangrikheid van die landbouer te erken

Vrystaat Landbou teleurgesteld in NERSA se goedkeuring van Eskom Prysverhogings

Dit is vir Vrystaat Landbou (VL) ‘n reuse teleurstelling dat NERSA toegelaat het dat ESKOM R13,3 miljard van die R27,3 biljoen aan verliese wat ESKOM gedurende die boekjaar 2018-19 kan vorder. VL doen al ‘n aantal jare voorleggings en vertoë tydens NERSA se openbare verhore en het al menigmaal sy afkeur vir die verhoging van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou teleurgesteld in NERSA se goedkeuring van Eskom Prysverhogings