Poulter loop oorwinning in snaltrajek op Dakar net-net mis

VILLA CARLOS PAZ, ARGENTINIË – ’n Ongelooflike vertoning deur die Toyota Gazoo Racing SA-jaer Leeroy Poulter en sy navigator, Rob Howie (#319) wat op die stophorlosie vir bykans vyf ure los voor die hele renveld was maar net-net nie hul eerste sneltrajekoorwinning kon deurvoer nie, het gister (Vrydag 15 Januarie) Sneltrajek 12 van die 2016-Dakar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter loop oorwinning in snaltrajek op Dakar net-net mis

De Villiers behou 3de plek in sneltrajek 11 van Dakar 2016

SAN JUAN, ARGENTINIË – Die Dakar-veldrenbrigade het gister (Donderdag 14 Januarie) die laaste off-piste-gedeelte (waar die deelnemers hul eie roete tussen navigasiepunte volg) van die Argentynse dorpie La Rioja na San Juan afgelê namate die 2016-ren se uurglasie besig is om leeg te loop. Die roete oor 431 kilometer is deur baie as een van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers behou 3de plek in sneltrajek 11 van Dakar 2016

De Villiers skuif op na 3de algeheel terwyl Dakar 2016 sy tande wys

LA RIOJA, ARGENTINIË – Sneltrajek 10 van die 2016-Dakar het die vreesaanjaende sandduine van die Catamarca naby die dorp Fiambalá behoorlik laat geld toe ’n string van die topspanne onder die genadelose Suid-Amerikaanse son gestruikel het. Die Dakar-gode het egter gister (13 Januarie) in die geval van die Toyota Gazoo Racing SA-renspan ’n wisselvallige dag […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers skuif op na 3de algeheel terwyl Dakar 2016 sy tande wys

Drama to Sneltrajek 9 van die 2016-Dakar-veldtydren verkort word

BELÉN, ARGENTINIË – Uiterste hitte wat kort by die 50 grade Celcius gedraai het, het Sneltrajek 9 van die 2016-Dakar-veldtydren gister (Dinsdag 12 Januarie) geteister. Die skof is as gevolg daarvan tot net ’n skrale 90 kilometer vir die motors en vragmotors verkort, terwyl die motorfietsjaers die volle 285 kilometer afgelê het. Die verkorte sneltrajek […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Drama to Sneltrajek 9 van die 2016-Dakar-veldtydren verkort word

Tegnici in snelrat terwyl renjaers en navigators rus by Dakar 2016

Die spanne wat aan die 2016-Dakar-veldtydren deelneem, het Sondag 10 Januarie ’n bietjie asem geskep ‒ maar net die renjaers en hul navigators. Die tegnici wat die voertuie in stand hou, het in snelrat oorgeskakel. Die rusdag is ’n kritieke deel van elke Dakar-ren aangesien die menslike liggaam ’n ruskans nodig het nadat hulle vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Tegnici in snelrat terwyl renjaers en navigators rus by Dakar 2016

Toyota Gazoo Racing SA onder Top 10 by Dakar 2016 se halfpadmerk

SALTA, ARGENTINIË – Sneltrajek 7 van die 2016-Dakar het nie net die ren se besoek aan Bolivia afgesluit nie, maar beteken ook die einde van ’n reeks sneltrajekte hoog bo seevlak wat die turbolose V8-petrolenjins van die Toyota Hilux-renvoertuie ernstig benadeel het. Al drie die Toyota Gazoo Racing SA-voertuie is nogtans onder die voorste tien […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA onder Top 10 by Dakar 2016 se halfpadmerk

Kragvertoning deur Yazeed vir Toyota Gazoo Racing

UYUNI, BOLIVIA – Dit was nog ’n dunlug-sneltrajek toe die 2016-deelnemers gister (Vrydag 8 Januarie) die gedugte Sneltrajek 6 oor ’n afstand van 542 kilometer aangedurf het. Wat die Toyota Gazoo Racing SA-renspan betref, was dit ’n uitdaging om teen die uiterste hoogtes van Bolivia se hoë plato’s by die turbo-aangejaagde motors in die renveld […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kragvertoning deur Yazeed vir Toyota Gazoo Racing

Toyota Gazoo Racing onder groot druk in dun lug

Die groot hoogtes waar Sneltrajek 5 van die 2016-Dakar-veldtydren beslis is, het die spanlede van die Toyota Gazoo Racing SA-renspan onder groot druk geplaas ‒ nie net weens die verrigtingsverskille tussen hul turbolose V8-aangedrewe Toyota Hilux-renvoertuie nie, maar ook die uitwerking wat die skielike styging tot hoër as 4 300 meter bo seevlak op hul liggame […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing onder groot druk in dun lug

Poulter nou 4de algeheel in Dakar 2016

Die 2016-Dakar-deelnemers het Woensdag 6 Januarie Sneltrajek 4 aangedurf terwyl die diensspanne en ondersteunende personeel na Tajita in Bolivia verskuif het. Die marathon-sneltrajek, wat ’n sirkelroete van 429 km teen hoogtes tot 4 000 meter bo seevlak behels, was ook ’n marathon-sneltrajek, wat beteken dat die spanne Donderdag 7 Januarie se vyfde sneltrajek sonder enige tegniese […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter nou 4de algeheel in Dakar 2016

De Villiers skuif op na tweede in Dakar 2016

Die Toyota Gazoo Racing SA-jaer Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, het hard deur Sneltrajek 3 van die 2016-Dakar-ren gejaag en tot tweede algeheel opgeskuif. Die sneltrajek, wat Dinsdag 5 Januarie beslis is, het die deelnemers van Termas de Río Hondo na die dorpie Jujuy in die noorde van Argentinië geneem. Swaar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers skuif op na tweede in Dakar 2016