Ekstra paraatheid nodig tydens die Feestyd!

Die Vrystaat is in rou nadat twee boere binne 24 uur in die provinsie vermoor is. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, het sy innige meegevoel met die naasbestaandes van Christian van Tonder (Lindley) en Johan Prinsloo (Koppies) betuig. Prinsloo se aanvaller is noodlottig deur die polisie gewond, terwyl daar blykbaar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ekstra paraatheid nodig tydens die Feestyd!

Geen rede om Vervoermaand in die Vrystaat te vier nie

Terwyl die Vrystaatse provinsiale regering gedurende Oktober Vervoermaand “gevier” het, is Vrystaatse boere gedwing om nood padherstelwerk te doen om die lewensgevaarlike toestand van paaie in die provinsie aan te spreek in afwagting op verhoogde verkeer oor die feesseisoen. Volgens dr Jack Armour, Vrystaat Landbou se kommersiële bestuurder, is boere woedend oor die gebrek aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Geen rede om Vervoermaand in die Vrystaat te vier nie

Vrystaat Landbou bevraagteken onbekostigbare ESKOM-tariefpryse by openbare verhoor

Vrystaat Landbou (VL) gaan die wyse waarop ESKOM toegelaat word om onbekostigbare tariewe vas te stel ernstig bevraagteken tydens ‘n openbare verhoor op Vrydag 5 November met NERSA, die nasionale Energiereguleerder. Die multi-jaar-prysbepaling metodologie sal op 31 Maart 2022 eindig, wat impliseer dat ‘n nuwe of hersiene metodologie vereis word. NERSA het in September 2021 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou bevraagteken onbekostigbare ESKOM-tariefpryse by openbare verhoor

Oorgrens plaasaanvalle uit Lesotho kommer na soveelste skietvoorval

Vrystaat Landbou (VL) het sy ernstige kommer oor die veiligheid van landbougemeenskappe langs die Lesothogrens uitgespreek, na die soveelste insident waartydens drie plaaswerkers tydens ’n skietvoorval beseer is. Een van die werkers het weens sy beserings beswyk. Vrystaat Landbou het bevestig dat die werkers op 28 Oktober 2021 op die plaas Balmacara in die Vanstadensrus-area […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Oorgrens plaasaanvalle uit Lesotho kommer na soveelste skietvoorval

Georganiseerde landbou moet belange van lede voorop stel, sê Vrystaat Landbou

“Georganiseerde landbou se rol is nie om die staat of regerende party se politieke agenda deur te voer nie, maar om die belange van hul lede – die boere- en landbougemeenskap, voorop te stel. ” Dit is volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), belangrik om ’n veilige en volhoubare landbou-omgewing daar te stel, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Georganiseerde landbou moet belange van lede voorop stel, sê Vrystaat Landbou

Soektog na kinders in Kaping in Pietersburg/Polokwane

#VERMISTEPERSONE 20/10/2021 Silwer Toyota Fortuner/Wit Kia Sorento en ‘n Swart Mercedes Benz reg. onbekend, betrokke by kaping van ‘n voertuig in Pietersburg by die Penina Park Verbypad. 4 Indiër kinders ontvoer. Kinders is in skool uniform. Ouderdomme 15,13,11 en 6. Drywer van die kinders is agtergelaat. Laaste rigting van verdagtes was N1 Noord na Louis […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Soektog na kinders in Kaping in Pietersburg/Polokwane

Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Die Calitzdorp-pad sal vir ‘n ruk gesluit wees na ‘n ongeluk vroeg vanoggend. Nooddienspersoneel is op die toneel en is besig om die ernstig beseerde man uit die bakkie te sny. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die man wat vanoggend in ’n ongeluk op die Calitzdorp-pad betrokke was is uit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

SAPD se beslissende optrede teen veediefstal stuur sterk boodskap

Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) wil die SuidAfrikaanse Polisie Diens (SAPD) in die Vrystaat bedank. Dit volg nadat 6 persone op Saterdag, 2 Oktober 2021, in die Fouriesburg-area gearresteer is. Die oortreders is Maandag, 6 Oktober 2021, voor die hof gebring omrede hul vee verwyderingspermitte in die vervoer van vee nie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on SAPD se beslissende optrede teen veediefstal stuur sterk boodskap

Veediefstal: ekonomiese sabotasie van die Landbou sektor

Die tekortkominge wat tans by Veediefstal Eenhede (VDE) in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) deur boerderygemeenskappe in die Vrystaat bespeur word, is bydraend tot wat bykans as ekonomiese sabotasie van die landbousektor beskou kan word. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO). Jakkals le Roux, voorsitter van VL […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Veediefstal: ekonomiese sabotasie van die Landbou sektor

Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig

“Bied weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en dreigende onteiening van bates deur beheer te neem van jou onmiddellike omgewing en omstandighede”. Dit was die boodskap van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, aan landbouers tydens die organisasie se virtuele kongres in Bloemfontein. Die Kwazulu-Natal onluste, verbrokkelende infrastruktuur, onveilige omgewings en verslegtende sosio-ekonomiere omstandighede dui daarop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig